“In my skool is daar nie kompetisie nie. Niemand is beter, mooier of maerder as die ander een nie.
Ons bou karakter.” Labarré Meissenheimer

Finishing

Modelling

Other
TESTIMONIALS
Aan Labarre en personeel
Hiermee wil ek jou uit die diepte van my hart bedank vir die uitsonderlike aandag wat jy aan Xanick bestee het die afgelope jaar.
Toe Xanick in die tweede kwaartaal van 2017 by jou begin het in die afrondingskool, was sy baie skaam, teruggetrokke en sy het geen selfvertroue gehad nie. Sy was ‘n jaar vroeër met Asperger’s Sindroom gediagnoseer en daar was baie uitdagings wat op haar gewag het. Sy het haar eerste klassie bygewoon en net op haar hurke in die hoekie gesit en wieg. Op daardie stadium het ek nie geweet of ek haar moet laat aangaan met die klassies nie, maar na ‘n paar lessies het ek veranderinge in Xanick se optrede begin waarneem.
Sy was meer gemotiveerd, beter gefokus op haarself en haar selfvertroue het spontaan begin verbeter. Sy het begin opkyk wanneer iemand met haar praat en nie meer na die grond gestaar nie. Hou houding was postitief en sy het selfs by die huis kom spog oor hoe sy met ‘n boek op haar kop kan stap. Haar mondeling by die skool het begin verbeter en sy het skielik makliker maatjies begin maak as ons iewers gekuier het waar vreemde kinders was.
My hart het amper uit my bors gespring toe ek haar die eerste keer sien loop op die loopplank! My dogtertjie het ‘n totale gedaanteverwisseling ondergaan. Sy het met oorgawe en vol selfvertroue die taak aangevat en sy het gestap – nogal met ‘n houdingkie – en sy het elke oomblik geniet. Sy het vir my voor die tyd vertel dat sy baie senuweeagtig was, maar oor ongelooflik opgewonde. Sy druk gewoontlik haar ore toe as sy aan harde geluide blootgesstel word, maar nie hierdie dag nie. Sy het het reg langs die luidspreker verby gegaan sonder enige aanduiding van angs. Dit is alles te danke aan jou en jou harde werk met haar! Baie, baie dankie daarvoor.
Xanick bied selfs vandag uit haar eie aan om bv iets vir ‘n kelner in die restaurant te gaan vra of ‘n tannie in die winkel as ons na iets soek wat ons nie kan kry nie.Ek het nooit kon dink dat ons so vining hierdie vlak sou bereik nie. Ek is jou ewig dankbaar en sal met volle vertroue jou afrondingskool aanbeveel vir enige moeder wat net die beste vir hul dogter/seun wil bied.
Weereens baie, baie dankie!
Groete
Thank you so much and congratulations on a beautiful event this weekend. Seeing all those girls on stage with their confidence and beautiful smiling faces was a wonderful experience.
I rarely send letters like this, but I wanted to make sure you get this feedback.
On Saturday during rehearsal on Saturday morning, I was sitting in the audience waiting for Lea to finish rehearsing. I was literally brought to tears watching you with the other young girls on stage. In todays day and age, it is absolutely heart warming to see that there is someone willing to take our daughters and show them that they are worth more than the clothes that they wear, their size, their popularity or whatever is trending at the moment.
You speak to each of these kids with such trust, kindness and absolute respect – thank you, not only for what you have done for my own daughter, but for all those young girls that really need someone like you to believe in them.
I truly pray that you will continue empowering these young women – that they all will stand up and be proud of who they are and have real self-worth. This world needs more strong, caring and confident women. I see it every day – women are willing to be less, sacrifice themselves because they think they should or that is what is expected of them. Your presence in these girls’ lives are changing them in ways they don’t understand yet – one day when they are older, they will realise that.
Thank you Labarre, you are a blessing to every girl (and one boy) that you have touched this year!